Christo Wiese: Risiko & Rykdom
Ná 50 jaar in die sakewêreld is Christo Wiese die land se rykste mens. Toe bars die bom by Steinhoff International en binne dae wis die skandaal meer as helfte van sy fortuin uit. Sy reis van risiko en rykdom begin by Pep Stores en volg ‘n skouspelagtige roete deur die politiek, groot maatskappye se raadsale en selfs diamantmyne en wynplase. Christo Wiese: Risiko & Rykdom is ’n ongemagtigde biografie oor een van Suid-Afrika se bekendste sakemanne.